Mboweni: SA kan soos Zimbabwe word

Die ANC se Minister van Finansies het die naweek gesê Suid-Afrika kan nie ʼn betalings ooreenkoms beklink met die openbare dienste sektor nie, want dit sal lei tot ʼn fiskale krisis.

Hy sê die regering en die vakbonde sal moontlik in die Arbeidshof die geskil op 2 Desember uit baklei, aangesien die ekonomiese stand weens vele faktore nie gunstig is vir verdere verhogings nie.

Mboweni het vroeër ook gesê hy stel; voor dat salarisse gevries word wat sedert 2008 met 51% gestyg het, en wat volgens ekonome, een van die land se groot knelpunte is.

Finansiële deskundiges het etlike jare gelede gewaarsku dat die ANC regering met ʼn tydbom in sy boesem sit met die onrealistiese verhogings wat onder druk van vakbonde toegestaan word terwyl die produksie geensins verbeter nie.

Mboweni sê nou dat salaris verhogings wat nou toegestaan word, kan lei tot ʼn situasie soortgelyk as wat in Zimbabwe ondervind word.