Matriek vraestelle lek weer uit

Ondersoeke word glo gedoen na die jongste gebeure waarin matriek eksamen vraestelle weer, soos so dikwels in die verlede, uitgelek het.

Volgens gerugte word oorweging gegee aan die moontlikheid om die vraestel vervang gaan word vir die gebied waar dit gelek en gesirkuleer is.

Vrae ontstaan nou oor die bevoegdheid en betroubaarheid van die Departement van Onderwys, wat die beveiliging moet verseker.

Meningsvormers sê dit is duidelik dat die gereelde uitlek van eksamen vraestelle nie behoorlik bestuur word nie, en dat die skuldiges nie altyd aan die man gebring word, en baie swaar gestraf word nie.

Die Minister van Onderwys se Opvoedings Raad het ʼn dringende ondersoek gelas na die wiskunde vraestel wat gelek is en wat reeds verlede week in die eksamen klasse geskryf is.