Masker maker verkies Joe Biden

ʼn Man wat bekendheid verwerf het vir vervaardiging van maskers wat tans deur mense gedra word weens die virus pandemie, het nou ʼn nuwe aanslag om hopelik sy verkope te stimuleer.

Die Japanese vervaardiger het ʼn verandering aangebring deur die President Donald Trump produksie om te swaai na Joe Biden wat klaarblyklik as die nuwe Amerikaanse president aangewys is volgens die huidige stand van die verkiesings uitslag.

Ogawa Studios is ʼn klein onderneming in Saitama, ten noorde van Tokyo, wat begin het met die maak van maskers van Trump, maar het pas na afloop van die Amerikaanse presidentsverkiesing sy aanslag verskuif na die nuut verkose Joe Biden.

Gedurende Oktober het die vervaardiger sy eerste produksie Biden maskers verkoop, en kon vir die betrokke maand meer as 1,000 bemark teen ʼn prys van net minder as $23 elk.

Die maatskappy mik nou om voor die einde van Desember vanjaar sowat 25,000 te vervaardig en te verkoop.