Lugrederye maak gereed vir entstof vervoer

Vliegtuig rederye is aan die skarrel om gereed te maak vir die vervoer van Covid-19 entstof wat teen baie lae temperatuur gestoor moet word.

Die Covid-19 entstof wat ontwikkel is deur Pfizer en Moderna vereis dat dit teen uiters lae temperatuur gestoor word, en moet deurlopend gevries bly.

Dit is die eerste entstof wat vrygestel word, en dit is onseker of alle ander vervaardigers se entstof ook heeltyd gevries moet wees.

Rederye maak hulle nou gereed om met gesofistikeerde vrieskas apparate toegerus te wees om die massa vervoer van miljoene dosisse entstof korrek te doen.

ʼn Onlangse ondersoek het aan die lig gebring dat daar hoogstens 15% van die vervoer industrie is wat oor fasiliteite beskik om teen Minus 70% C hulle produkte te vervoer wat die lae temperatuur vereis.