Lewensbrood

En hierdie dag moet vir julle ’n gedenkdag wees, en julle moet dit as ’n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ’n ewige insetting vier.

Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.

Exodus 12  v 14 en 15