Laaste kans vir EU-Britse ooreenkoms

Die laaste moontlike kans om ʼn ooreenkoms te bereik tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie, het aangebreek, en die onderhandelaars sal dit kan deurvoer as hulle bereid is om te gee en te neem.

Die EU leiers het intussen gereed gemaak om die ergste en slegste situasie die hoof te bied deur gereed te wees vir ʼn geen ooreenkoms bedeling wat vir beide partye groot nadele inhou.

 Intussen is die Europese leiers ook ingestel om te vra dat die Europese Unie die “geen ooreenkoms” planne moet publiseer te midde van vrese dat die Brexit onderhandelings gaan sloer en sakeondernemings oningelig sal laat terwyl hulle ook moet gereedmaak vir n mees negatiewe uitkoms tussen die twee partye.

Vanaf Januarie 2021 sal ʼn nuwe ooreenkoms tussen die twee partye in werking tree, selfs as geen ooreenkoms bereik word nie, sal die nuwe situasie op 1 Januarie van krag word, en daarom moet die onderhandelaars nou alles moontlik doen om te slaag in die bereiking van ʼn ooreenkoms wat deur die hoër gesag aan beide kante aanvaar sal word.