Kinderfonds poog om te red

Die vryburger Kinderfonds wat nou reeds ʼn bekende instelling geword het, wil graag die skole wat weens die pandemie in ernstige finansiële nood beland het, help om nie hulle deure te sluit nie.

Die bestuur moes dringende besluite neem om te voorkom dat verskeie CVO skole hulle deure moet sluit, maar met die beperkte middele tot die Fonds se beskikking, is daar groeiende kommer dat ons nie in al die behoeftes kan voorsien nie.

Die bestuur van die Kinderfonds doen derhalwe ʼn beroep op lesers om weereens ʼn bydrae te maak. Die Fonds se bank besonderhede is op die advertensie kant van die voorblad beskikbaar.

Ons bedank elke leser se bydrae wat inbetaal gaan word,  by voorbaat, want ons CVO skole mag nie weens die pandemie gesluit word nie.