Kategorie 5 Orkaan bedreig Sentraal Amerika

Die Sentraal Amerikaanse staat Nicaragua staar een van die ergste rampe in die gesig met die aanstormende Orkaan Iota wat as kategorie 5 geklassifiseer is deur die weerkundige agentskap.

 Verskeie ander Sentraal Amerikaanse state is ook in die gevaar sone en duisende mense maak gereed om die ramp te trotseer.

Die eerste punt van die orkaan het die gebied bereik die afgelope Dinsdag, en swaar reën neerslae, asook sterk winde het die eerste tekens van ʼn geweldige storm getoon.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaan Sentrum het gewaarsku dat buitengewone sterk winde en stormwater oor ʼn wye gebied verwag word.

Stormwind van tot 220 km per uur het die Sentrale gebiede bereik, en swaar reen het begin uitsak terwyl bome en krag netwerke beskadig is.