Joe Biden praat met Europese leiers

Alhoewel die finale uitslag en amptelike verklaring nog nie deur die Federale Verkiesings Owerheid van Amerika bekend gemaak is nie, het die voormalige visepresident, Joe Biden reeds met Europese leiers samesprekings gevoer.

Biden het eerstens met die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, n lang gesprek gevoer, en verskeie ander Europese leiers het hul hoop uitgespreek dat die verhouding met die VSA weer herstel sal word.

Merkel was die eerste politieke leier wat Joe Biden geluk gewens het te midde van die moontlikheid dat die uitslag nog nie amptelik is nie, en die Verkiesings agentskap nog wag op moontlike hofbeslissings.

Die Franse president, Emmanuel Macron en die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het eers Dinsdagmiddag hul gelukwense aan Biden oorgedra.

Intussen het Biden ook met die Britse premier en Franse president kontak gemaak wat gesien word as die eerste tree van Biden om die verhouding met Europese lande te verbeter.