Islamitiese Staat hou Mosambiek mense gyselaar

Die militante terroriste groep, Islamitiese Staat, het bevestig dat hy meer as 50 burgerlike mense van Mosambiek gyselaar hou in die Cabo Delgado provinsie wat in die noordelike streek van die land geleë is.

Sedert 2017 het die terreur groep brutale aanvalle op burgerlikes uitgevoer, en pas dieselfde metodes toe as wat in die Midde-Oosterse lande gedoen is.

Benewens mense wat met hulle lewens betaal het, is n kleiner dorp in die noorde van die land geheel en al vernietig deur die IS magte, en verskeie ander plattelandse dorpe word aangeval en mense ontvoer wat dien as lewende teikens indien Mosambiek se weermag sou probeer om aanvalle uit te voer.

Huise word afgebrand, en mense wat probeer vlug, word summier geskiet, en ander word ontvoer of bly in die dorpe aan as slawe van die terroriste.