Irak hang talle veroordeeldes

Sedert die Islamitiese Staat terroriste in 2017 verslaan is, het Irak talle lede van die terreur groep gevange geneem en honderde tereggestel weens beweerde verbintenisse met die groep.

Die afgelope Maandag is 21 van die terroriste en beweerde moordenaars in die suide van Irak gehang nadat ʼn militêre hof hulle skuldig bevind het.

In 2005 het Irak wetgewing aanvaar wat terroriste wat skuldig bevind is, op verskillende metodes tereggestel mag word, en is die mees algemene metode wat toegepas word, die hang stelsel.

Die regering van Irak het sedert die wet op die wetboek verskyn het, verskeie kere terroriste in massa teregstellings om die lewe gebring terwyl oproepe uit ander lande om nie die doodstraf toe te dien nie, op dowe ore geval het.