Inbrake by wonings styg skerp

Sekuriteitsmaatskappye het in hulle verslae kommer uitgespreek oor die stygende tendens in Suid-Afrika met inbrake by woonhuise, en veral in die stedelike gebiede.

Die toename in Sentraal Transvaal (Gauteng) het skerp gestyg gedurende Oktober en die eerste helfte van November, en word deels toegeskryf aan die groter beweegbaarheid van mense, sowel as die maklike bekombaarheid van sterk drank.

Die woordvoerder van Fidelity Sekuriteit sê hulle ondervind besondere toename in voorvalle aan die suidelike en oostelike dele van Johannesburg en in aangrensende stede soos Alberton en Springs sowel as Turffontein gaan gebuk onder hewige inbraak voorvalle.

Talle inbraak voorvalle is ook in die noordelike kant van Johannesburg aangemeld, waarvan minstens drie in woonhuise was en ses in sakeondernemings.

Kenners waarsku dat al meer inbrake by woonhuise en sakeondernemings verwag kan word, en sê drie redes is daarvoor verantwoordelik.

Drankverkope is een van die groot redes waarom misdaad verhoog, en die naderende Desember vakansie is vir baie jare al ʼn bron van kommer want dit is die diewe se rojale geleentheid wanneer almal ontspanne is.

Die werkloosheid wat astronomies toegeneem het weens die pandemie, is ook ʼn rede waarom mense hulle wend tot huis inbraak en winkel plundery.