Hong Kong nou slegs kommunisties

Pro-demokrate van HK parlement

Die pro-demokrate wat as opposisie in die regeringstruktuur as parlementslede die demokratiese bestel regop gehou het, moes weens kommunistiese wetgewing die handdoek ingooi.

Die span demokrate het eenparig besluit om te bedank uit die regeringstruktuur waar hulle as opposisie diens gedoen het vir die inwoners van die stad.

Die Hong Kong regering onder leiding van Carie Lanb het nou nuwe mag bekom wat deur Beijing toegestaan is, en wat die laaste druppel demokrasie van die stad vernietig het, en wat die oorsaak is dat die pro-demokrate as parlementslede bedank het.

Die skriftelike bedankings is glo die volgende dag ingehandig.

Beijing het ʼn toegewing gemaak aan die kommunistiese regering van Hong Kong om enige parlementslid te enige tyd te skors uit sy amp indien sodanige persoon tot “nadeel” van die bestel sou handel.

Daarmee is die laaste porsie van demokrasie oorboord gegooi, wat die pro-demokrate se bedankings veroorsaak het.

Westerse lande sal nou nog meer bekommerd raak oor die toedrag van sake in Hong Kong, maar of iets gedoen gaan word is te betwyfel, sê die politieke ontleders.

Die beleid van Beijing van “Een land met twee stelsels” het nou ʼn leuen in Hong Kong geword.