Honderde kinders van Wes-Kaap ontvoer

Gerugte is ontvang dat die ontvoering van kinders in die Wes-Kaap nou baie ernstige afmetings aanneem, en maak van die streek ʼn gevaarlike woonplek vir kinders, is gesê.

In die afgelope vyf jaar is byna 700 kinders ontvoer in die provinsie, en gedurende die tyd is sowat 3,500 mense ontvoer waarvan ʼn groot persentasie ook kinders was.

Drie jaar gelede is sowat 760 mense vermis en ontvoer, en daarvan was 160 kinders en een jaar later is 118 kinders ontvoer uit die provinsie.

In 2019 is 126 kinders ontvoer, en kenners begin die vraag vra of terroriste organisasies soos Al-Kaïda en Islamitiese Staat nie die ontvoerders is om hulle verwronge strukture te bevorder nie.

Die organisasies ontvoer kinders en maak van hulle seks slawe en gebruik hulle ook as skerms in tye van aanvalle op hulle basisse.

Die afgelope tyd is verskeie berigte ontvang van Islamitiese Staat bedrywighede in Mosambiek, en dat hulle besig is om daar ʼn “hoofkwartier” in te rig wat moeilik omver gewerp sal kan word met weermag soldate uit Afrika.