Helikopter stort neer in Sinai woestyn

Berig is uit Jerusalem ontvang van ʼn helikopter met Amerikaans geleide Multinasionale Waarnemers in die Egiptiese Sinai woestyn wat Donderdag naby die dorpie Sharm el-Sheikh, neergestort het.

Die sewe mense wat lede is van die Vredes-span het almal omgekom, waarvan vyf lede Amerikaanse burgers is , een van Frankryk en een van die Tsjeggiese Republiek.

In ʼn verklaring sê die Vrede organisasie dat een Amerikaner wel oorleef het en tans in ʼn hospitaal se intensiewe sorg behandel word.

ʼn Woordvoerder van Israel het in ʼn media onderhoud gesê dit is nog onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het, maar voeg by dat dit beslis nie ʼn aanval van vyandelkikes is nie.