Halfmiljoen studente doen studie hulp aansoek

Bykans ʼn halfmiljoen studente het aansoek gedoen vir befondsing by die Nasionale Studente Finansiële Hulp Skema vir studie in die 2021 jaar.

Nagenoeg 493,000 het aansoek gedoen en die Minister van Hoër Onderwys,  Blade Nzimande, het glo gewaarsku dat dat die pandemie die klaskamer tyd beïnvloed wat betref spasie en verskillende klas tye.

Gedurende 2019 het die minister gesê dat slegs sowat 288,000 aansoeke ontvang is van voornemende studente. Van die huidige aansoekers is 68% glo vroulike aansoekers wat ʼn aanduiding kan wees van die kultuur wat oor eeue bestaan dat Afrika se vroue die meeste van die werk verrig.

Die minister sê ʼn aansienlike oplewing van aansoekers uit verskillende provinsies word ondervind, end it toegeskryf aan die owerhede se aanmoediging om jongmense te motiveer om verder te studeer.