Generaal Ace kry borgtog

Een van Ace Magashule se borg voorwaardes is dat hy as voormalige premier van die Vrystaat, nie kontak mag maak met sy persoonlike assistent van destyds nie.

Die voormalige premier van die Vrystaat en tans die Sekretaris-Generaal van die ANC,  Elias “Ace” Magashule, is op borgtog vrygelaat van R200,000, en sy borgtog voorwaardes is buitengewoon streng.

Ace het verlede Vrydag op 21 klagtes van korrupsie en bedrog in die landdroshof van Bloemfontein verskyn waar borgtog toegestaan is.

 Magashule het vlugtig in die hof verskyn, en die saak teen hom sal op 19 Februarie verhoor word saam met drie ander mede beskuldigdes wat individueel aangekla is.

Die ANC Sekretaris-Generaal is beveel om sy paspoort en inligting aan die ondersoek span te oorhandig en moet eers goedkeuring kry indien hy na lande buite Suid-Afrika wil reis.