Gaan die beloftes realiseer?

Sowat 50 maatskappye het gesamentlik sowat R110 miljard belowe as beleggings in Suid-Afrika tydens die derde ekonomiese konferensie wat deur president Cyril Ramaphosa aangebied is.

Di konferensie wat virtueel gehou is, het aanvanklik op die een na die ander mislukkings uitgeloop toe die rekenaar bediener die gees gegee het en die konferensie per e-pos stelsel gehou moes word.

Die beloftes van ekonomiese beleggings wat nou verkry is, en dit wat voorheen belowe is deur ander instansies, vorm ʼn totaal van R773 miljard, wat ongeveer 64% uitmaak van sy gestelde doelwit om R1,2 triljoen se beleggings te lok.

Kenners wys egter daarop dat die president ʼn paar jaar gelede gespog het met die baie geld wat belowe is om in die land te belê, waarvan feitlik niks werklikheid geword het nie, en die moontlikheid bestaan dat dit weer so gaan wees.

Die land is steeds ʼn baie hoë risiko beleggings terrein, en die onvoorspelbaarheid op politieke gebied maak dit onwaarskynlik dat maatskappye groot bedrae sal investeer.