Ford betaal vir motor defekte

Na jare se stryd teen die motorvervaardiger Ford SA, het die dag aangebreek dat die maatskappy sy verantwoordelikheid nakom deur vergoeding te betaal aan eienaars van Ford voertuie.

Eienaars van die veelbesproke Ford Kugas het na groot gesukkel en lang tyd van wag, uiteindelik vergoeding ontvang weens die voertuig se fout wat veroorsaak het dat dit aan die brand raak.

Drie eienaars het besluit om Ford in die hof aan te durf oor die fout wat in die voertuig is, en wat die maatskappy deurlopend ontken het, maar uiteindelik in die hof sou aanhoor dat hy die eienaars moet vergoed.

Sowat 47 eienaars het besluit om die Ford betaling van R50,000 elk te aanvaar nadat die Nasionale Verbruikers Kommissie en Ford SA ʼn ooreenkoms bereik het.

Minstens 56 eienaars van die Ford Kugas het ʼn soortgelyke probleem ondervind, wat veroorsaak het dat honderde Ford voertuig liefhebbers op die sosiale netwerk gesê het hulle sal nooit weer oorweeg om Ford produkte te koop nie weens die optrede wat geopenbaar is tydens die Kugas fiasko.