Ford aanleg opereer met sonkrag

Die Ford Motor Maatskappy van SA het aangekondig dat sy aanleg wat in Silverton as monteer aanleg ingerig word, van plan is om van sonkrag gebruik te maak.

Die Ford aanleg sal volledig funksioneer met son energie en geen Eskom krag sal gebruik word vanaf 2024 nie.

Die “groen energie opwekking” sal waarskynlik die eerste van sy soort wees wat op so groot skaal van alternatiewe energie bronne gebruik maak as wat deur Eskom voorsien kan word.

Die beplanning van Ford SA is dan ook die eerste Ford aanleg in die wêreld wat wegbeweeg van die tradisionele krag voorsieners in enige land.

ʼn Ooreenkoms tussen Ford SA en die SolarAfrica maatskappy sal ʼn 13,5 MW installasie wees wat R135 miljoen sal kos, en sal bestaan uit 31,000 sonpanele.

Ford beweer dat die projek sowat 2,500 nuwe werkgeleenthede skep wat verwelkom sal word, maar wat nog ʼn druppel in die see sal wees om die werkloosheid krisis op te los.