FNB kliënte beland in verleentheid

Kliënte van FNB wat met kredietkaart hul aankope die afgelope Sondag wou doen, was in ernstige verleentheid weens ʼn tegniese probleem wat by FICA ontstaan het.

Mense wat Sondag met die Bank se kredietkaart wou betaal, moes tot hulle ontsteltenis sien dat hulle oor geen fondse beskik om die betaling te doen nie, en kon dit nie met die bankier opneem nie, want Sondae is senior personeel nie beskikbaar nie.

Die poging om te betaal is begroet met ʼn kennisgewing dat FICA dokumente ontbreek, wat baie van die bank se kliënte erg ontstel het, en met die tegniese probleem is mense regoor die land geraak, wat menige koop transaksies verlore laat gaan het.

Die FICA instelling vereis sekere gegewens van elke persoon, en finansiële instellings is verplig om die persoonlike inligting van sy kliënte beskikbaar te stel aan FICA.

Dit is nie duidelik waar die fout lê nie, en FNB het waarskynlik die saak met FICA opgeneem gedurende Maandag, maar die kliënte se ontevredenheid kon nie so maklik omgekeer word nie.