EU koop miljoene dosisse Pfizer entstof

Die Europese Kommissie se woordvoerder het aangekondig dat die Europese Unie (EU)  ʼn suksesvolle onderhandeling en ooreenkoms bereik het met die verskaffing van Covid-19 virus entstof by die vervaardigers Pfizer en BioNTech.

Die EU se bestelling is aanvaar sodat 200 miljoen dosisse entstof gelewer word en daarmee waarskynlik die posisie bereik het dat die armer lande noodgedwonge langer gaan wag voor hulle entstof sal kry.

Pfizer het vroeër gesê 1,3 miljard dosisse entstof sal beskikbaar gestel word tot einde Desember 2021.

Ingeligte bronne beweer dat die Verenigde Nasies se afdeling Gesondheid daarop aandring dat vervaardigers van die begin reeds seker maak dat verspreiding eweredig onder lande van die wêreld moet geskied.

Die entstof van Pfizer is bedoel om twee afsonderlike dosisse per pasiënt te wees, waarvan een dosis ietwat later toegedien sal word om effektief te werk.

Dit beteken dat die 1.3 miljard dosisse genoeg is om 650 miljoen mense te immuniseer.