EU in krisis – veto van begroting

Twee van die Europese Unie se lidlande, wat bekend is vir hulle nasionalistiese standpunte,

Het die begroting wat byna goedgekeur is deur die lede, op die mees kritieke oomblik gekelder deur van hulle veto reg gebruik te maak.

Die EU benodig die steun van al 27 lidlande om sy begroting aanvaar te kry vir die hantering van ekonomiese herstel fondse na die pandemie die hele Europa getref het.

Hongarye en Pole het die EU geblokkeer om nie die langtermyn begroting van nagenoeg  €750 miljard vir die Noodfonds goed te keur nie en het albei van hulle veto reg gebruik gemaak.

Die EU het die afgelope jaar telkens met regsgedinge teen die twee lande opgetree, en waarnemers reken die weerwraak word op die wyse gedoen wat veel groter impak het op die EU as wat hulle regsaksies was teen Pole en Hongarye.

Verskeie lande het die hoop uitgespreek dat die dispuut met die EU spoedig uit die weg geruim sal word.