Ethiopië word oorlog sone

Terwyl duisende inwoners vlug na buurland om die geweld vry te spring, het aanvallers ʼn bus met vlugtelinge met geweervuur op grusame wyse vernietig waarin minstens 34 mense gedood is.

Die gebeure in die westelike deel van die land is deur ʼn menseregte organisasie gemoniteer terwyl die geweld en konflik toeneem in die noorde van die land.

Die Ethiopiese Menseregte Kommissie sê die aantal mense wat doodgeskiet is het toegeneem nadat die grusame aanvalle uitgevoer is die afgelope Saterdag.

 Die volledige besonderhede kon nog nie bekom word nie,  maar ingeligte bronne sê daar is verskeie soortgelyke aanvalle elders uitgevoer wat die dodetal verder verhoog.

Vrese ontstaan dat die situasie sodanig versleg het dat daar nou ʼn vakuum bestaan in die veiligheid stelsel te midde van die militêre veldtog in die noordelike streek van die land.

Gedurende September en Oktober is daar gesamentlik 27 burgerlikes vlugtelinge gedood in busse wat hulle na veiligheid vervoer het.

Nagenoeg 20,000 mense het reeds oor die grens gevlug, en honderde maak gereed om in die nag te vlug uit vrees dat die militêre magte hulle aanval.