Eskom waarsku Gauteng oor netwerk foute

Die Nasionale krag voorsiener, Eskom, het die munisipale owerhede in Sentraal Transvaal (Gauteng) gewaarsku dat foute op die netwerk kan lei tot kragonderbrekings in die provinsie.

Eskom sê talle netwerk foute in die Lanseria, Morningside, Muldersdrif, Soweto en Petervale kan verwag word, wat klaarblyklik deur krag voorsienings onderbrekings veroorsaak word en wat in die netwerk as foute geïdentifiseer is.

Die foute in die netwerk word nie in verband met die diefstal van krag met onwettige koppelings gebring nie, en fout opspoorder werk aan die probleem.

Suid-Afrika het nou vir ʼn redelike tyd sonder beurtkrag klaargekom wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die grendel tyd toe nywerhede en sakeondernemings, asook mynhuise, hulle deure moes sluit.

Eskom het glo van die tyd gebruik om herstelwerk aan sy verouderde steenkool kragstasies te doen, asook op die Medupi kragsentrale wat weens swak vakmanskap nog nooit effektief gewerk het nie.