Ekonome sê munisipaliteite is skuldiges

Die munisipaliteite is die grootste bydraer tot die ernstige krag krisis waarin Eskom hom bevind, en is ook grootliks skuldig aan die swak ekonomie in die land.

Ekonome wys daarop dat die munisipaliteite op 31 Julie ʼn totale bedrag van net meer as R46 miljard aan Eskom verskuldig is, wat verklaar waarom die land in so n ernstige elektrisiteit krisis is.

Van die uitstaande skuld is R31 miljard reeds agterstallige skuld, wat die skuld daarvoor na twee kante wys.

Eskom behoort maatreëls in plek te hou om munisipaliteite vas te vat en nie toe te laat dat rekenings onbetaald oorstaan nie, en munisipaliteite behoort die belange van sy belastingbetalers in ag te neem en te sorg dat hy administratief professioneel bly.

Eskom het die munisipaliteite nou aangesê dat hy sy betaal tyd van 15 dae verleng tot 30 dae.