Durban stadsraad blaas R300,000

Durban

Die eThekwini Munisipaliteit het meer as R300 000 spandeer op vyf “zoom” byeenkomste tydens die grendel sluitings periode.

Van die byeenkomste is kort geknip aangesien “raadslede” gesukkel het om die verrigtinge te volg en die speaker nie in staat was om die verrigtinge te beheer nie.

Nog ‘n voorbeeld van die onvermoë van stadsrade om behoorlik te funksioneer, en die regering is blykbaar nie van plan om die soort verkwisting reg te stel nie, al is dit soortgelyk aan korrupsie, word gesê.

Verskeie munisipale hooggeplaastes is in die afgelope weke gearresteer, maar sekere ongerymdhede word oor die hoof gesien, is die mening van opposisie partye.