Duitsland subsidieer sy motorvervaardigers

Nadat Bondskanselier Angela Merkel met Duitse motorvervaardigers gesprek gevoer het, is aangekondig dat die regering sy land se vervaardigers van elektriese voertuie verder gaan subsidieer.

Die regering se bydrae van sowat €3 miljard sal ook help om die werkloosheid wat weens die pandemie ontstaan het , t verminder, en dien ook as stimulus om meer e-motors te vervaardig sodat die binnebrand enige modelle kan verminder.

Vroeër het die Duitse regering ook ʼn bedrag van €2 miljard goedgekeur om die motorvoertuig vervaardigers by te staan, en is dit aangewend om e-voertuie se prys te verlaag sodat kopers die voordeel daarvan kan geniet en te verseker dat die e-motors se aanvraag verhoog.

Die Bondskanselier het gesê die regering is bewus daarvan dat die motor industrie deur ʼn moeilike fase gaan van pandemie en omskakeling na e-motors, en daarom is dit belangrik dat die ondersteuning gegee moet word.