Duisende vlug uit Ethiopië

Spanning loop al hoër tussen die  Federale regering van Ethiopië en die plaaslike leiers in die noordelike streek Tigris wat lei tot ʼn Exodus van inwoners.

Duisende inwoners het reeds uit die gebied weggevlug om daarmee ook hulle woonplekke en besittings agter te laat.

Die meeste vlug oor die grens na die buurland Soedan, en vrees bestaan dat die vlugtelinge nie deur die Soedannese bevolking verwelkom sal word nie.

Die uittog na die Soedan het Dinsdag begin en Woensdag skerp toegeneem weens die stygende konflik tussen die regering en die plaaslike leiers.

 Teen die einde van Dinsdag was daar reeds meer as 6,000 vlugtelinge wat die grens na Soedan oorgesteek het, en bevind hulle in die Kassala en die al-Qadarif provinsies.

ʼn Woordvoerder van die Kassala provinsie sê die vlugtelinge benodig voedsel en medisyne, maar die gebied ondervind ʼn ernstige tekort aan lewensmiddele.