Duisende betoog in VSA oor bedrog

Derduisende van president Donald Trump se ondersteuners het die afgelope naweek die strate van Washington ingeneem om hulle ontevredenheid te toon met die beweerde bedrog wat gepleeg is in die verkiesing.

Die protes volg nadat twee deelstate se howe beslis het dat die Trump regslui se aansoeke dat sekere deel van die stemme wat laat ontvang is, verwerp en van die hand gewys is.

Die duisende deelnemers aan die protes optog glo dat verkiesings bedrog in verskeie deelstate gepleeg is wat Biden bevoordeel.

Die president het talle kere gewaarsku dat daar onregmatige optrede was, maar het geen konkrete bewyse voorgehou nie, en die howe wou nie aanvaar dat die Republikeine se eise geldig is nie.

Veiligheid personeel sê die Trump span se eise word verwerp aangesien die pas afgelope presidentsverkiesing is die “mees beveiligde” verkiesing in die geskiedenis van die VSA en meer toesighouers as ooit tevore het in stem tel lokale ʼn wakende oog gehou oor die tel proses.