Covid-pandemie gaan die skuldige bly

Die Covid-19 koronavirus pandemie het Suid-Afrika vir etlike maande tot stilstand gedruk, en dit is klaarblyklik die verskoning wat voortaan in die volgende dekade nog baie gehoor gaan word waarom regerings mense nie hulle werk doen nie.

Een van die noodsaaklikste aspekte is die R139 miljoen wat die regering bewillig het uit die Covid-Noodfonds om boere in die Noord-Kaap en Oos-Kaap se droog geteisterde gebiede bewillig is.

Die boere het nog nie ʼn sent daarvan gesien nie, en die rede daarvoor is gerieflikheidshalwe die pandemie wat alle betalings vertraag het.

Te midde van die verskoning, duik daar nog ʼn rede op waarom boere nie gehelp word nie, want die regering sê die plaaslike provinsiale owerheid moet uitbetalings doen met hulle eie geld, en net daar blokkeer alles.

Waarnemers sê dit is die spreekwoordelike “dis nie ek nie, dis jy” beskuldigings wat nou oor en weer gemaak word. Die Tesourie beweer dat hulle eers uitbetaal nadat die provinsies hulle uitbetalings gedoen het, en die provinsies sê hulle het nie geld nie.