Covid entstof maak deurbraak

Die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy Pfizer Inc en BioNtech van Duitsland het aangekondig dat hulle Covid-entstof suksesvol getoets is en meer as 90% positiewe resultate lewer.

Die entstof beskik oor die eienskap om te voorkom dat infeksie plaasvind, en dat die entstof ook geen newe effekte vir die mens inhou nie.

Duisende mense is in die toets program gebruik en bestaan uit verskillend rasse groepe, sowel a verskillende ouderdomsgroepe.

Wetenskaplikes het die deurbraak bestempel as een van sowat 12 entstof soorte wat ontwikkel is, maar waarvan die Pfizer produk die eerste een is wat volledige beskerming bied en reeds die toetsprogram deurstaan het. Die maatskappy sê 1,3 miljard dosisse sal teen einde 2021 versprei wees, en sal voldoende wees om 650 miljoen mense se lewens kan red teen koronavirus infeksie.