Cele gekant teen drank

Die omstrede Minister van Polisie, Bheki Cele, het weer sterk standpunt ingeneem teen die alkohol verbruik in Suid-Afrika wat die land se hoë kriminele rekord nog verder verhoog.

Die afgelope naweek het die minister weer misdaad statistiek bekend gemaak, en toe gepoog om dit voor die deur van alkohol verbruik te lê.

Die vrygestelde besonderhede wat van toepassing is vir 1 Julie tot 31 September, toon glo ʼn afname in sekere sektore, maar is volgens kenners, nog heeltemal te hoog en is steeds onaanvaarbaar.

Cele sê die verbruik van alkohol, waarvan onwettige wyse van bekombaarheid ʼn beduidende rol vervul, toon dat dit tot ʼn groot mate die oorsaak is vir honderde moorde wat in die tweede kwartaal gepleeg is.

Die polisie het meer as ʼn 1,000 moord of poging tot moord gevalle ondersoek waarby verkragting ook betrokke is en wat plaasgevind het binne of naby drank verkoop punte soos kroeë, tavernes en die sogenaamde sjebeens en nagklubs.

Van die gevalle was alkohol teenwoordig by 829 sake waarvan 747 verkragting sake is en 179 poging tot moord gevalle.