Britte sê Sjina verbreek HK ooreenkoms

Die Britse Minister van Buitelandse Sake, Dominic Raab sê Beijing het sy aanvaarding van die 1984 ooreenkoms oor die regeer van Hong Kong verbreek.

Hy sê die regering van Sjina het sy ooreenkoms verbreek van die 1984 oorhandiging van Hong Kong wat Brittanje en Sjina gesluit het.

Die Europese Unie en die Amerikaanse regering het die optrede van Sjina veroordeel en sê Beijing het ʼn jarelange ooreenkoms verbreek.

Brittanje het beklemtoon dat Sjina sy beloftes van 1984 verbreek het met die instelling van wette wat die demokrasie van Hong Kong vernietig het.

In ʼn TV onderhoud met ʼn woordvoerder van die Sjinese regering, het hy herhaaldelik die vraag probeer ontwyk oor waarom die ooreenkoms verbreek is soos wat verskeie Westerse lande hom beskuldig.