Brittanje versterk Verdedigingsmag

Die Britse regering van Eerste Minister Boris Johnson het aangekondig dat die land sy grootste belegging in sy militêre afdeling gaan doen sedert die Koue Oorlog.

Die aankondiging kom te midde van die enorme krisis waarin die Verenigde Koninkryk verkeer met die koronavirus pandemie wat dreig om ʼn nuwe fase van die pandemie te begin.

Politieke ontleders wys ook daarop dat Brittanje se onderhandelaars steeds in ʼn stryd geworstel is om ʼn werkbare ooreenkoms te bereik met die Europese Unie, en die tyd om ʼn akkoord aan te gaan word nou min want op 1 Januarie is dit die einde van moontlike onderhandelings.

Die Britse Eerste Minister het gesê die tyd het aangebreek dat Brittanje vir homself ʼn stewige staanplek maak op militêre gebied om leiding te gee in die nuwe era wat samewerking vereis onder die wêreld se vennote.

Hy reken dat vrye handel, gerugsteun deur moderne militêre toerusting, en uitstekende kuber vermoëns, die Verenigde Koninkryk ʼn stewige rol sal laat vervul op die wêreld se toekoms.