Brandende vragmotors – voedsel tekorte

Die tekort aan sekere voedselsoorte kan ondervind word met die dosyne vragmotors wat die afgelope weke deur swart vandale beskadig is met petrolbomme.

Die aanvraag na voedsel sal in die komende weke tot by Nuwejaarsdag, aansienlik verhoog, maar as die voertuie in die slag bly, en die goedere wat vervoer word ook in vlamme opgaan, of weggedra word, kan ʼn ernstige tekort verwag word.

In die afgelope maand is minstens 30 vragmotors van verskillende grote, beskadig in brande, of is gesteel deur mense wat as ekonomiese terroriste beskou kan word.

Vragmotor bestuurders sê hulle raak bekommerd oor hulle eie veiligheid, en maatskappye wat voedsel vervoer, is besig om voorsorgmaatreëls te tref ten einde te voorkom dat hulle skade aangedoen word.

Die hoof roete vanaf Sentraal Transvaal na Durban, en die ander na die Laeveld, is tans die gevaarlikste vir vragmotors, veral omdat die Minister van Polisie klaarblyklik nie besef dat dit uiters noodsaaklik geword het om sterk polisie teenwoordigheid te ontplooi waar die kapers en brandstigters bedrywig is nie.