Brand in hospitaal veroorsaak chaos

ʼn Brand wat deur die intensiewe sorgeenheid se saal van ʼn Roemeense hospitaal gewoed het waar Covid-19 pasiënte behandeling kry,  het chaos veroorsaak.

ʼn Amptelike woordvoerder sê minstens tien mense het omgekom en sewe is in ʼn kritieke toestand weens die vinnige verspreiding van die vuur terwyl reddingswerkers nie gopu genoeg op die toneel kon kom nie.

Die intensiewe sorgeenheid by die hospitaal in die stad Piatra Neant is spesiaal ingerig om koronavirus pasiënte te versorg,  en is volgens die woordvoerder met die mees moderne toerusting ingerig.

ʼn Hospitaal woordvoerder sê al die oorledenes, behalwe een persoon, was pasiënte in die intensiewe sorgeenheid waar pasiënte met infeksie van koronavirus behandel word.

Die land se Minister van Gesondheid, Nelu Tataru, het later gesê die brand het ontstaan weens ʼn kortsluiting by een van die apparate.