Boer skiet aanvaller dood

ʼn Boer van Sentraal Transvaal, naby Boschkop, in die Pretoria omgewing, het ʼn man wat hom op sy grond wou aanval, summier doodgeskiet.

Die 62-jarige boer was glo geteiken deur ʼn groep wat die afgelope naweek op hom wou toeslaan met die doel om hom dood te maak, maar die boer het klaarblyklik besef dat dit die moordenaar is of dit is hyself wat gaan omkom.

Nou word die boer deur die polisie aangekla van moord, terwyl die boer homself uit selfverdediging moes red en daarvolgens moes optree.

Met die wetgewing wat ʼn grys gebied laat wanneer iemand homself verdedig op sy eiendom, het dit vir die polisie maklik geword om mense aan te kla van moord terwyl moordenaars probeer het om die eienaar om die lewe te bring.