Boeing mag weer sy 737 Max laat vlieg

Na bykans twee jaar waarin die Boeing 737 Max vliegtuie op die grond moes bly, lyk dit nou of die verbod opgehef gaan word in die VSA.

Boeing moet egter voldoen aan die internasionale regulasies, maar ingeligte bronne beweer dat die vliegtuig vervaardiger wel aan al die vereistes sal voldoen.

Die Boeing maatskappy het Woensdag die goedkeurings vereiestes gewen deur die VSA Federale Administrasie vir lugvaart te oortuig dat hy aan al die gestelde vereistes voldoen.

Dosyne Boeing 737 Max passasiersvliegtuie moes in die VSA op die grond bly weens veiligheid regulasies nadat twee van die vliegtuie weens dieselfde fout, met passasiers aan boord neergestort het.

Weens die val van twee passasiersvliegtuie van die 737 Max model, moes die vervaardiger sowat $20 miljard uitbetaal aan eise wat deur familie ingedien is, en talle lande het hulle bestellings vir Boeing 737 Max gekanselleer weens die gevaar van ʼn herhaling van die ongelukke.