Belarus polisie arresteer 140 protesteerders

Die polisie in Belarus het minstens 146 mense wat deelgeneem het aan ʼn protes optog die afgelope Sondag, gearresteer sonder dat hulle ʼn enkele woord gepraat het en slegs saam met die honderde ander saamgestap het.

Verlede week het een van die protesteerders wat deur die polisie vasgehou is, gesê “Ek gaan sterf” en is enkele minute later dood.

Die hoofstad Minsk is reeds vir weke die simbool van protes, maar ook simbool van polisie geweld, en steeds weier die opposisieparty se mense om afstand te doen van hulle ontevredenheid met die land se president Alexander Lukashenko.

Alexander Lukashenko se onlangse verkiesing is glo gekenmerk deur die wanpraktyk van verkiesings bedrog, en het hy later self aangekondig dat hy die verkiesing gewen het met 80% steun van die kiesers.

Die polisie is in omstredenheid gehul weens die brutale optrede teen die protesteerders wat elke naweek in groot getalle hul optogte hou om hulle ontevredenheid te vertoon, te midde van die gewelddadige optrede van die polisie.