Belarus opposisie vra sanksies

Sviatlana Tsikhanouskaya

Sviatlana Tsikhanouskaya, die leier van die amptelike opposisieparty in Belarus het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die leiers van Europese lande om sanksies in te stel op ekonomiese gebied ter ondersteuning sodat die onwettige regime van die president beëindig kan word.

President Alexander Lukashenko word nie erken as staatshoof deur die meeste Westerse lande weens sy deursigtige kullery met die vorige verkiesing.

Verkiesings bedrog het reeds die dood van menige opposisie party se mense gekos wat in skermutseling met die polisie was tydens protes optogte.

Die polisie het in die hoofstad Minsk selfs traangas teen mense gebruik wat vreedsaam aan ʼn optog deelgeneem het uit verset teen die president se bewind.

Die president het by geleentheid beweer dat hy 80% steun geniet het by die kiesers in die afgelope verkiesing, maar opposisie partye sê dit is verkiesings bedrog en weier om die uitslag te aanvaar, en omdat die president nie wil bedank nie, word ekonomiese sanksies teen die land bepleit.