Bankrot SABC sit werkers af

Die sukkelende SABC wat jaar na jaar massiewe finansiële verliese realiseer, gaan voort met die besluit om minstens 400 permanente werkers af te dank.

ʼn Warm en geweldige emosionele vergadering tussen die SABC bestuur en personeel in die nuus afdeling het geen veranderings teweeggebring nie, en die bestuur sê hy het weens die finansiële implikasies van die entiteit, geen ander keuse as om die afleggings te doen nie.

Die korporasie reken dat hy met die vermindering in personeel, met nuwe metodes die werk sal verrig, maar of die nasionale uitsaaier daarmee sukses sal bereik, word wyd bevraagteken.

Spanning het hoog geloop en uitsendings het gevaar geloop om te stop toe verskeie personeellede geweier het om hulle werk by die mikrofoon te hervat.

Die SABC het intussen aangekondig dat ʼn netto verlies van R511 miljoen vir 2019 gerealiseer is, en sê in die lig daarvan is hy genoodsaak om afleggings te maak.