Bankrot Eskom soek verhogings

Die moontlikheid word voorsien dat verbruikers weereens getap gaan word as Eskom sy sin kry want hy mik na tien persent verhoging in elektrisiteit tariewe.

Die vernietigende uitwerking wat die nasionale krag voorsiener op die Suid-Afrikaanse ekonomie het, word nou deur deskundiges finansiële bestuurders beskou as iets meer as die spreekwoordelike  lagwekkende belaglikheid.

Eskom se aansoek by die Nasionale Energie Reguleerder van SA (Nersa) is sodanig dat hy klaarblyklik R13.27 miljard wil realiseer om die skuldlas af te werk.

Die aansoek is so ingeklee dat dit neerkom op ʼn verhoging van 10% wat verbruikers sal moet opdok in 2022.

Nersa het egter die verhoging bevraagteken en reken dit strook nie met die moontlikheid dat verbruik aan die afneem is en die pandemie reeds ʼn swaar las op verbruikers geplaas het.

Eskom het verlede maand ʼn aansoek teen Nersa gebring in die Hooggeregshof waarin gevra word om toelating dat hy R23 miljard in die 2021 finansiële jaar mag herwin.