Australiese troepe het onwettig gehandel

Militariste van Australië het toegegee dat sy troepemag onregmatig en onwettig opgetree het tydens die konflik periode in Afghanistan.

Die weermag woordvoerder na jare se ondersoeke gedoen is, erken dat Australiese troepe misdaad gepleeg en onwettig opgetree het in Afghanistan.

Generaal Angus Campbell, die land se hoof militêre offisier het die afgelope week erken dat sy land se troepe skuldig is aan onregmatige optrede en verantwoordelik is vir die dood van 39 burgerlikes in Afghanistan.

Wat die oortredings meer ernstig maak, is dat die burgerlikes gedood is terwyl daar geen gevegte met vyandelike magte was nie, en dit het die Australiese Weermag hoof gedwing om verskoning te vra vir die verkeerde optrede van sy soldate.

Die Inspekteur-Generaal van Australië het gesê die optrede vereis dat die volgende stap uitgevoer word deur die betrokke soldate te identifiseer en te vervolg vir hulle misdade.

Uit die ondersoek is gevind dat 25 van Australië se spesiale magte mense gedwing het om burgerlikes dood te maak, waarvan daar mense in tronke was en ander is landbouers wat gedood is.

Dit is ook gevind dat daar in 23 afsonderlike voorvalle 39 mense gedood is op onwettige en kriminele wyse en het in 2009 begin.