Asbesdakke rede vir nog arrestasies

Minstens sewe persone is nou reeds gearresteer weens beweerde betrokkenheid by die Vrystaat aangeleentheid waarby miljoene Rand betrokke is.

Die korrupsie skandaal wat nou lei tot arrestasies, sluit ook in die huidige Sekretari-Generaal van die ANC, Ace Magashule waarvoor ʼn arrestasie bevel uitgereik is.

Die voormalige burgemeester van die Bloemfontein Metro, Olly Mlamleli, is terug in die hof oor die multi-miljoen korrupsie skandaal waarby Magashule ook betrek word.

Olly Mlamleli sal eers in die Bloemfontein landdroshof verskyn saam met ander gearresteerdes, oor die asbes skandaal wat reeds in 2014 oopgekrap is, en nou in die Zondo Kommissie verder aangehoor is.

 Verskeie ander ANC hooggeplaastes is onder die ander ses wat verbind word aan die skandaal waarby sowat R255 miljoen op tender uitgegee is en waarvan slegs R21 miljoen se werk gedoen is.