ANC vrees Julius Malema

Die ANC is blykbaar net so bang vir die Rooi brigade en sy leier as wat die duiwel vir ʼn slypsteen is, want die optrede wat toegepas moes word by Brackenfell Hoërskool, het nie gebeur nie.

Die Rooi brigade huiwer nie om uitlatings in die openbaar te maak wat ingevolge wetgewing verbode is omdat dit as haatspraak gesien word. Die uitsprake van die Rooi brigade se leier kan nie elke keer beskou word as “parlementêre immuniteit” nie, en hy behoort summier in hegtenis geneem te word en tronkstraf opgelê te word, maar dit is duidelik dat die polisie, net soos die regering, onwillig en vreesbevange geraak het, sê politieke ontleders.

Die Minister van Polisie sê die Rooi leier het die “grens oorgesteek” met sy uitsprake, maar waarnemers sê dit is duidelik dat Minister Cele ook bang is vir Malema en sy brigade.