ANC geniet steeds vertroue

Asof niks verkeerd is nie, en asof korrupsie in die party bestaan, of korrupsie nie bestaan nie, die ANC geniet steeds die vertroue van sy lede en sy ondersteuners.

Dit is die bevinding in ʼn peiling wat die afgelope week uitgevoer is onder kiesers nadat verskeie hooggeplaastes in die party gearresteer is weens beweerde betrokkenheid by korrupsie, bedrog en geldwassery.

Dat die Jacob Zuma bewind die land groot skade berokken het, is bevestig toe selfs die ver linkse Barack Obama ook sy misnoeë uitgespreek het oor die voormalige president se swak optrede as regeerder.

Die baie dinge wat verkeerd is binne die ANC, tesame met die ernstige verdeeldheid tussen die Ramaphosa en Zuma ondersteuners, het nie enige aanduiding gegee dat die kiesers hulle wil distansieer nie, maar eerder bevestig dat hulle by die ANC staan.

Suid-Afrika is in afwagting om te sien of die Ramaphosa bewind oor die wil beskik om die skuldiges aan korrupsie en bedrog, wel gestraf gaan word soos wat dit gedoen moet word.