Anargie. Wanneer?

Dit is nogal opvallend dat vooraanstaande persone skielik die lig begin sien van ‘n naderende sosiale en maatskaplike probleem en selfs moontlike anargie in die land.  In gesprekke word die werkloosheidsyfer van meer as 35% genoem met die gepaardgaande Sassa betalings aan bykans die helfte van die werkmag van die land. Intussen ontvang sg. pandemie straat slapers steeds R350 per maand na ‘n verlenging van die uitbetaling met drie maande deur die geagte president.  Kenners is dit eens dat die staat nie kan voortgaan om miljoene rande maandeliks uit te betaal nie. Wanneer  en as hierdie bron van inkomste opdroog gaan derduisende “stropers” die strate invaar op soek na kos, drank en wat nog. Is dit ons voorland?

Jan Coetzee