Amerikaners roekeloos met Covid

B. Douglas Bernheim, die voorsitter van die Stanford Universiteit in Amerika het sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop die Amerikaners optree teenoor die koronavirus infeksie moontlikhede by politieke byeenkomste

Duisende mense daag in entoesiasme op by verkiesings saamtrekke sonder om enige voorkomings maatreël toe te pas, en maskers, sosiale afstand, en versigtige groet metodes word geïgnoreer.

Dit is dus geen wonder dat Amerika se toename in daaglikse nuwe infeksies die hoogte ingeskiet het nie, se medies kenners.

Bernheim sê dit is hierdie optrede van roekelose mense wat redes gee vir substansiële bekommernis oor die gevaarlike potensiaal wat veroorsaak word by sulke saamtrekke.

Dit is opvallend dat die nuut verkose president van Amerika, wat groot gewag gemaak het van die swak maatreëls wat Trump toegepas het in sy verkiesingsveldtog, presies dieselfde gedoen het gedurende die laaste paar saamtrekke en daarna se oorwinnings byeenkomste in veral die groot stede van Amerika.