Agrizzi glo baie ernstig siek

Angelo Agrizzi, voormalige uitvoerende hoof van die Bosassa onderneming, word beskryf as iemand met ʼn kritieke toestand terwyl hy in die hoë sorg eenheid (HSE) van ʼn hospitaal behandel word.

Sy regsverteenwoordiger sê Agrizzi is aan verskeie masjiene in die HSE gekoppel en wys daarop dat Agrizzi se boek, Inside the Belly of the Beast pas verskyn het wat alles vertel wat Bosassa aanbetref.

 Agrizzi het in 2019 voor die Kommissie oor Staatskaping verskyn, waar hy opspraakwekkende inligting bekend gemaak het oor die omkopery en korrupsie onder die hoë politieke figure van Suid-Afrika.

Agrizzi is verlede maand gearresteer, maar na twee dae in aanhouding is hy oorgeplaas na ʼn hospitaal weens ernstige asemhalings probleme, en het glo in die hospitaal ook ʼn hartaanval gehad.